Seniordal
  • Tuis
  • Eenhede Beskikbaar
  • Kommentaar
  • Vrae & Antwoorde
  • Kontak Ons
  • More
    • Tuis
    • Eenhede Beskikbaar
    • Kommentaar
    • Vrae & Antwoorde
    • Kontak Ons
Seniordal
  • Tuis
  • Eenhede Beskikbaar
  • Kommentaar
  • Vrae & Antwoorde
  • Kontak Ons

Vrae & Antwoorde

Wat is lewensreg?

Lewensreg is die reg van okkupasie aan 'n persoon sonder dat so 'n persoon 'n eiendom registreer. Daar is dus geen oordrag- of registrasie kostes betaalbaar nie. 


Dit gee aan die koper die reg op lewenslange verblyf in 'n spesifieke eiendom/wooneenheid.  

Wat is ingesluit by die heffing?

Water is ingelsuit by die heffing. Elektrisiteit is vir die koste van die eienaar. 

Sekuriteit en skoon maak van die gebou is ook ingesluit by die heffing. 


Hoe gereeld kan Leefreg eienaars gaste ontvang?

Gaste kan kom en gaan asof dit u eie huis is. Daar is geen beperkinge daarop nie. 


Is my motor veilig by Seniordal?

Daar is 'n elektriese motorhek en 'n sekuriteits kameras.

Van die eenhede het toesluit motorhuise, en sommige het afdakke met toesluit hekke.

 

Is daar enige etes ingesluit by die koop van Lewensreg by Seniordal?

Nee, maar daar 'n opsie om etes te bestel by 'n privaat verskaffer. 

Kontak ons gerus vir meer inligting en pryse. 


Mag ek troeteldiere aanhou bt Seniordal?

Ongelukkig nie.

 

Watter sosiale geleenthede word aangebied by Seniordal?

Die inwoners komitee reël dikwels sosiale geleenthede soos 'n Herfsbraai. Die eerste Woensdag van elke maand, kom al die inwoners bymekaar om tee te drink om verjaarsdae te vier. 


Is daar versorging vir verswakte bejaardes?

Nee, daar is wel 'n versorgingseenheid by Ons Tuis. 


Is die wooneenhede gereed vir DSTV?

Al die wooneenede kan gekoppel word aan DSTV. Daar is 'n spesiale pakket beskikbaar teen ZAR275 per maand vir 'n beperkte aantal kanale. 


Is daar 'n wassery op die perseel vir klere en beddegoed?

Inwoners kan gebruik maak van 'n aparte diens om hulle klere te laat was, droog en stryk. Kontak ons vir meer inligting. 

Seniordal

126 Kieser Street, Deerness, Pretoria, South Africa

0123294318

KOPIEREG © 2021 Seniordal - ALLE REGTE VOORBEHOU.

Ons is op Facebook

Hou van en Deel

Hou van

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept